|
Na ‘n lang tydperk van aktiewe betrokkenheid in die vermaaklikheidsbedryf, stel ons graag die dienste van hierdie dinamiese agentskap aan u bekend. Artist Warehouse beskik oor die kennis en vaardigheid om enige gebeurtenis, groot of klien, in ‘n reuse sukses te omskep, met die hulp van die regte vermaak! Die diversiteit van kunstenaars is onbeperk en sluit in sangers. Dansers, orkeste, komediante en seremoniemeesters. Ons is trots op ‘n omvattende lys van gevestigde kunstenaars en ondersteun graag ook Suid-Afrika se nuwe en opkomende talent. Artist Warehouse tree op as agent en vermaaklikheidskonsultante en verskaf ‘n verskeidenheid van vermaak aan onder andere: • WINKELSENTRUM PROMOSIES • KRONINGSGELEENTHEDE • FEESTE EN SKOUE • FONDSINSAMELINGS EN LIEFDADIGHEIDS KONSERTE • DAMESOGGENDE • PRODUK VRYSTELLINGS • KORPORATIEWE JAAREIND FUNKSIES Die spesifieke behoefte van die kliënt word as prioriteit gesien. Indien daar nie ‘n bestaande produksie of kunstenaar is wat inpas by die kliënt se behoeftes nie, sal ons ‘n produksie skep om in te pas by u behoeftes en begroting. Voorbeelde hiervan is onder andere: That 70’s show vir SANLAM, The Black Butterfly and the Naked Voice vir ABSA, 7de Laan Talent en Mode Ekstravaganza vir GREY KOLLEGE, the Magic of Mouskouri vir SASOL en Abba Mania vir ABSA KKNK. Indien u die dienste van ‘n gaskunstenaar of glasnpersoonlikheid benodig vir u funksie, sal ons vinnige diens u beindruk. Ons voorsien u graag van ‘n gratis kwotasie. Met deeglike agtergrond studie en inligting tot ons beskikking sal ‘n voorlegging gedoen word waarin die uniekheid van u fees of funksie weerspieël word. Wees verseker van ons verbintenis tot gehalte dienslewering en kwaliteit ! Artist Warehouse – ons strewe is om vir ‘n onvergeetlike ervaring te sorg! |