HENNIE JACOBS

Ons ken hom as die ietwat hulpelose Diederik Greyling op die SABC 2 sepie, 7de Laan, maar as jy na ‘n Hennie Jacobs konsert kom kyk, gaan jy veel meer sien as net die bleek siel in sy check hemp.

Veelsydigheid is eintlik sy tweede naam. En in werklikheid is daar agter die 7de Laan-karakter een van Suid-Afrika se toegewydste kunstenaars. Die akteur Hennie Jacobs is immers ‘n gedugte sanger, storieverteller en liedjieskrywer, wie se jongste vollengte-album, Dit is die land, behoorlik borrel van Afrikaanse folkrock met eg Afrikaanse stories en kraakvars liefdesballades. Die liedjies is meestal humoristies “Kwa Kwa Song”, “Soen” en “Kaalgat in die Kas” staan uit. Dis amper asof hy stories vertel. Daar is ook ’n paar ballades soos “Lang Pad” en “Kinderdae Helde”, waarmee hy sy dieper kant wys.

Hennie beskryf sy nuutste album as “eerlike musiek wat nie noodwending trends volg nie, maar eerder uit die hart kom”. “Ek is ‘n gebore entertainer en met my musiek probeer ek mense net so ‘n rukkie van die wêreld daarbuite laat vergeet. Ek dink dis belangrik om te onthou waar jy vandaan kom, om te weet waar jy vandag is, maar nog meer belangrik om nooit op te hou glo in die toekoms nie.”

Hoe dit ook al seg, dis lekker om heeltyd besig te probeer wees met dit waarvoor ek lief is”. Tydens ‘n musiekvertoning vat Hennie Jacobs jou op ‘n reis van familiariteite wat jou gaan laat lag, nostalgies laat verlang en identifiseer met alledaagse dinge wat omgesit word in melodieë en lirieke wat sal gaan sit in jou onder vel EN jou voete. Die spreekwoordelike Engelse gesegde van “There is never a dull moment” kom na vore wanneer jy ‘n vertoning van Hennie bywoon en beleef hoe hy doen waarmee hy die beste is, naamlik, om gehore te vermaak!

LOOPBAAN HOOGTEPUNTE
  • Toe ek deel geword het van die permanente 7de Laan span.
  • Die Royalty Soapie Award.
  • Om met Marius Weyers ‘n dressing room te deel.
  • Innibos Hoof verhoog optrede.
  • Om saam met Chris Voster te kon werk.
  • Om ‘n No 1 liedjie op ‘n radio stasie te kon hê - “SOEN” op Bok Radio.