IZAK DAVEL

Die verhoog is egter nie vir Izak ‘n vreemde plek nie. Met sy dansdiploma - én talent – het hy talle titelrolle vertolk. Op sy lys is “Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat”, “Jesus Christ Superstar”, “The Sleeping Beauty”, “Pippen”, “The Queen Show “en “Life at Centre Stage”.

Naas Egoli waar hy die karakter “Scab” gespeel het, het hy ook al sy rolprentdebuut as ‘n head-banger in die BBC-fliek “Uncle Max” gemaak. Izak speel die hoofrol as Reghart Venter in “Getroud met Rugby” en sedert 2013 is hy te sien in Insidingo en ook Sterlopers op kykNET.

Maar dit was in die musiekwereld waar hy waarlik sy stem gevind het. Izak het reeds vier CDs op sy kerfstok en werk op die oomblik aan ‘n splinternuwe CD wat voor die einde van 2014 op die rakke sal wees. Hy is altyd gewillig om iets nuuts te probeer en sy talent en ambisie kom hom goed te staan.

“Ek doen elke vertoning asof dit my laaste is”, bevestig hy. Hierdie benadering maak hom baie gewild onder sy mede kunstenaars en sy aanhangers. Konsertgangers kan dit bevestig – jy kry 100% energie, 100% dans ritmes, 100% musiek en 110% Izak Davel.

As seremoniemeester verleen hy styl en finesse aan enige funksie. Sy warm persoonlikheid en humoristiese aanslag verseker dat kliente net lof en waardering het vir sy bydrae tot die sukses van hul funksies.
Sjarme, waardigheid en professionaliteit word in oormaat gewaarborg!.

“Om welslae te behaal in álles wat ek doen én om álmal gelukkig te maak!”, is volgens Izak al wat hy nóg wil doen!

Izak Davel is beslis met talent geseën en is een van Suid Afrika se mees veelsydigste kunstenaars! Die sagte man, wat op Lady Grey grootgeword het, is al deur tydskriflesers aangewys as die sexieste man in die land. Izak weet hy is aantreklik: die spieël – en kamera – lieg immers nie! Hy bly egter skaam en beskeie oor al die aandag.

Dié pastorieseun het eintlik ‘n sagte, klein hartjie en skroom nie weg van sentiment nie. Hy ag geloof en Christenskap hoog. “Sónder die Here se krag en genade was en is ek niks. Alles wat ek het en alles wat ek doen, is net te danke aan my Hemelse Vader!” Hy het deursettingsvermoë, is ‘n perfeksionis en uiters geduldig. ”Ek is hárd op myself en ek weet wat ek in die lewe wil hê!”

Izak hou van eerlikheid, liefde en respek. “Ek het dit in ‘n liefdevolle huis geleer en dit sal altyd deel van my lewe wees. Ek ken nie voorgee nie en ek glo werklik wat jy aan ander doen, sal terugkom na jou toe. Ek is dalk te saggeaard en soms tel dit teen my!”

Hy put vreugde uit die skoon reuk van reën op ‘n warm dag, die ritme van reën op ‘n sinkdak, spontane skaterlag en opregte vriendskap.

TROTS!
  • Heat Hot 100: Wenner
  • You: Sexieste man
  • Die rol van Scab in Egoli
  • Hoofrol in fliek ‘Getroud met Rugby’
  • My troudag
  • Toe ek 23 dae lank in Survivor SA oorleef het…
  • My huislening is goedgekeur!