LIZZ MEIRING

Spreker | Seremoniemeester | Afslaer

As jy nog nooit ‘n bondeltjie energie gesien het nie, hier is een! Lizz Meiring het genoeg lewenslus en energie vir ‘n hele netbal span en as jy genoeg tyd in haar geselskap deurbring, sal jy verstaan!

Maar almal luister tog te graag na hierdie passievolle vrou wat geen einde het nie. Die vermaakliheidsbedryf noem haar nie verniet Bizzie Lizzie nie. Haar talente is so in oormaat soos haar lewenslus. In 2014 toer sy die land plat met haar splinternuwe vertoning “Langpad en Lipstick”. Met ‘n reuse handsak op die verhoog delf sy diep in elke vroue se belangrikste stukkie bagasie – haar handsak. Die vertoning vertel van Lizz se ervaringe op die pad en hoe items uit daardie handsak al haar lewe gered het

Lizz se aanbieding by damesoggende bestaan gewoonlik uit ‘n seleksie van haar komesie sketse wat sy deur die loop van jare geskryf het vir onder ander haar rubriek in Rooi Rose. Die vertoning word dan ook die “Bizzie Lizzie Show” genome. ‘n Boek met die soortgelyke titel is gepubliseer en is die ideale geskenk vir dames tydens ‘n vroue oggend. Die vertoning laat die vroue skaterlag en almal kan op een of ander manier identifiseer met die karakters in haar vertellinge.

Tog bly Lizz ook maar net mens en uit deernis vir haar mede reisigers, deel sy ook haar dieper geheime en inspireer mense tot groot hoogtes. Kyk hierdie is ‘n vrou wat selfs die stadigste agteros aan die gang sal kry! ‘n Meer bekwame seremoniemeesteres sal jy ook nie sommer kry nie. Haar deeglike navorsing oor elke maatskappy en instansie wat haar bespreek, stel haar in staat om elke klient spesiaal te laat voel en die persoonlike aandag aan elke klient maar haar baie gewild.

Omdat gesels vir haar so lekkerrrr is, is dit ook nie vreemd dat Lizz Meiring haarself as professionele afslaer gekwalifiseer het nie. Sy is ‘n lid van die SA College of Auctioneers. Elke veiling word in tipiese Lizz Meiring “celebrity style” gedoen . Dit is beslis “veiling hou” met ‘n verskil! Niemand ontsnap Lizz Meiring se afslaer aanslag nie en selfs die moeilikste koper moet uiteindelik swig onder haar oorredingsvermoë.

Haar lewe is ‘n fees sy deel dit graag met enige persoon wat bereid is om te luister. En dit in kort is LIZZ MEIRING.